Motel Detroit 1
08 Festival

Een Appel...drie werke

Jul 08 2008 12:58:19:490PM - (SA)
door Kobus Burger

Den Haag, Kaapstad, Grahamstad en nou, uiteindelik, die Goudstad.

Die drie mini-dramas wat verlede maand as deel van die 08-fees in Den Haag, Nederland, gedebuteer het, is van vandag in die Wits-teater, Braamfontein, op die planke.

Die 08-fees is die Toneelgroep De Appel se samewerking met 'n groep Suid-Afrikaanse regisseurs, dramaturge en studente van Johannesburg en Kaapstad.

Nuwe werke deur die regisseur Jaco Bouwer en die dramaturg Mike van Graan was deel van die 08-fees, wat deur De Telegraaf as 'n "wonderful summer-like theatre feeling, with variety as the magic word" beskryf is.

Bouwer se Power, Van Graan se Insomnia (ná sy Odysseus van Holland) en die Nederlandse regisseur Wannie de Wijn se Guests is verlede week tydens die Nasionale Kunstefees in Grahamstad opgevoer.

Die drie werke eindig egter vandeesweek sy internasionale toer met slegs drie opvoerings in Johannesburg.

Die opvoerings is vandag, môre en Vrydag om 19:30 in die Wits-teater.

Al drie stukke word die een ná die ander opgevoer met twee kort pouses van tien minute elk tussenin. Die werke duur elk sowat 45 minute en 'n kaartjie bied toegang tot ál drie opvoerings.

Die totale duur van die aand is sowat 150 minute.

Teaterliefhebbers kan onder meer van Nederland se mees gesogte akteurs soos Sacha Bult-huis op die verhoog beleef en heerlik lag vir die hoogs humoristiese Guests.

Die "dramas" is 'n kreatiewe mengsel van dans, improvisasie, beweging en polsende musiek.


| Meer