Motel Detroit 2

Ararat

Absurdistische muzikale voorstelling over dromen en geloven

affiche Ararat, ontwerp Aus Greidanus

Regisseur David Geysen was uitgenodigd om voor het Zuid-Afrikaanse KKNK Festival in Oudtshoorn een voorstelling te maken.

Genomineerd voor het beste debuut van het KKNK Festival!

We horen een stem: In het begin was er niets... muziek!
We kijken naar dit prachtige landschap en dromen weg.
Dromen over een verloren liefde, over de sterren en de maan en over verliefde zeemeerminnen.
En we horen het geroep van de zee die ooit dit landschap overheerste.
Een magische plek zonder begin en eind, waar alles mogelijk is en iedereen alles kan zijn en alles mag geloven.
Een wereld die bestaat als onze wereld slaapt!

David Geysen gebruikt de berg Ararat (waar volgens de bijbel de ark van Noach landde) als startpunt voor een associatieve voorstelling over de mens en zijn geloof. Een poëtische zoektocht naar de nietigheid van de mens!

David Geysen en Carl Beukman

tekst/regie David Geysen
speelperiode

za 4 t/m za 11 april 2009 KKNK Festival Oudtshoorn, Zuid-Afrika
zie http://www.absakknk.co.za
vr 12 t/m za 20 juni 2009 Oerol Festival, Terschellling
Nederlandse première zaterdag 13 juni
zie http://www.oerol.nl/

'n Absurde musiek-toneelstuk oor drome en gelowe

Regisseur David Geysen van Toneelgroep De Appel in Den Haag (Nederland) is uitgenooi om 'n produksie vir die Absa KKNK te doen.

'n Klein veld in 'n wye landskap. In die agtergrond die Swartberge, die roep van 'n volstruis en die flikkerende liggies van 'n township onder die sterre. Die skepping!

Ons hoor 'n stem: In die begin was daar niks... musiek!
Ons kyk na die pragtige landskap en word weggevoer deur die droom.
Drome oor 'n verlore liefde, oor die sterre en die maan en oor verliefde meerminne.
En ons hoor die geroep van die see wat op 'n tyd hierdie landskap oorheers het.
'n Magiese plek sonder begin of einde, waar alles moontlik is en almal alles kan wees en enigiets mag glo.
'n Wêreld wat bestaan as ons wêreld slaap!
 
David Geysen gebruik die berg Ararat, waar Noag se Ark volgens die Bybel gestrand het, as beginpunt vir 'n assosiatiewe teaterstuk oor die mens en sy geloof. 'n Poëtiese soektog na die nietigheid van die mens!

Hoe het die produksie Ararat tot stand gekom

Die produksie Ararat is ‘n opwindende nuwe teaterstuk wat op ‘n besondere manier geskep is. ‘n Jong Belgiese regisseur aan die snykant van die Europese teaterwêreld en ‘n Nederlandse komponis wat lank reeds met hom saamwerk, het na die Kaap gereis om met ‘n uitblinker-groep Suid-Afrikaanse akteurs ‘n werkswinkel proses aan die gang te sit. Daarvandaan het die groep na ‘n volstruisplaas net buite Oudtshoorn verhuis, waar hulle vroegoggend en laataand ‘n unieke stuk omgewingspesifieke teater tussen die hooibale en onder die sterre tot stand bring. Die regisseur se aanvanklike teks word uitgetoets, hersien, idees word uitgeruil, en ‘n stuk wat spreek tot sy natuurlike en sosiale ligging is die uitkoms.

 
Uit die aard van die saak is hierdie kreatiewe proses onvoorspelbaar, en die uitkoms verskil van die konsep wat die kunstenaars twee maande gelede gehad het. Daar het onder andere elemente bygekom wat die produksie ongeskik vir kinders mag maak. Aangesien die Absa KKNK nie sensuur toepas nie, maar wel gehore inlig oor wat om te verwag, het ons besluit om ‘n ouderdomsperk van 16 toe te pas. Die rede hiervoor is diviniteit, seks, naaktheid, sterk taal en geweld. 
| Meer