Tekstlogo: De appel speelt
 
 
 

 


nog xx dagen voor de
première van Herakles

Herakles genomineerd voor Toneel Publieksprijs!

Lees verder...
De Appel blij met positief advies

Lees verder...
Herakles: 4 sterren in NRC Handelsblad en 4 in de Volkskrant!
Ook o.a. Trouw, Den Haag Centraal en De Telegraaf en de publieksreacties laaiend enthousiast
Lees verder...
De Appel wint Den Haag Marketing Promotieprijs!

Lees verder...
De foto's van Herakles
De foto's uit de voorstelling, gemaakt door Leo van Velzen !
Lees verder...
Wethouder Marjolein de Jong opent vernieuwde Appelfoyer
Na de ingrijpende verbouwing werd de vernieuwde Appelfoyer op 17 februari 2012 door wethouder Marjolein de Jong en artistiek leider Aus Greidanus sr. officieel voor geopend verklaard.
Lees verder...
Interviews met Aus Greidanus sr., Aus Greidanus jr., Guus van Geffen, Fred van de Schilde, Bob Schwarze en Hugo Maerten
Aus sr. regisseerde alle marathons, Guus van Geffen ontwierp de decors, Fred van de Schilde deed productieleiding, Hugo Maerten speelde in allemaal, voor Aus jr. is het de eerste en Bob Schwarze speelt Herakles.
Lees verder...
De Herakles cadeaukaart
Koop een mooi vormgegeven cadeaukaart bij de kassa van het Appeltheater. Er zijn cadeaukaarten van € 10,-, € 25,- en € 50,-
Lees verder...
Beleidsplan 2013-2016
Met een terugblik en evaluatie van 2009 - tot op heden en plannen en activiteiten voor de periode 2013-2016
Lees verder...
Gemeente Den Haag helpt De Appel duurzaam te zijn
De Appel vermindert CO2 uitstoot spectaculair
Lees verder...
De Appel krijgt OIKOS Publieksprijs!
Aus Greidanus sr. heeft 17 juni de OIKOS Publieksprijs in ontvangst genomen
Lees verder...

Ararat

Hoorn: Ararat in die volstruiskamp

Aktrise Nicola HanekomDeur Garnett Wicomb

DIE volstruiskamp by Moooi, sowat 5 km buite Oudtshoorn op die Rooiheuwelpad, is vanjaar die tuiste vir Ararat, een van die Absa KKNK se buiteproduksies, 'n produksie wat beloof om 'n treffer te wees.

"Ek is baie opgewonde," het die regisseur, David Geysen van die Nederlandse Toneelgroep De Appel, vroeër die week gesê.

Geysen is deur die hoof-uitvoerende beampte van die KKNK, mnr Brett Pyper, genooi om 'n buitelugproduksie vir die KKNK te kom doen nadat hulle mekaar by verlede jaar se Nasionale Kunstefees op Grahamstad raakgeloop het.

"Ons het Moooi gekies omdat dit die ideale plek is," sê Geysen. "Daar in dié klein veld in 'n wye landskap met die Swartberge in die agtergrond, die roep van 'n volstruis en die flikkerende liggies van 'n township onder die sterre. God se skepping."

Ararat is volgens Geysen 'n ligte absurde voorstelling oor drome en geloof.

"Elk van die vier akteurs het sy eie geloof, 'n poëtiese soektog na die nietigheid van die mens."

Die verhaal handel oor Noag se Ark wat volgens Geysen op Woensdag 5 Mei 2 348 vC op die berg Ararat tot stilstand gekom het.

"Daar is net 'n verlate veld met 'n ou skeepswrak in die middel en op die agtergrond die Swartberge. Dis sononder en in die verte hoor 'n mens volstruise roep."

Geysen gebruik die berg Ararat, die plek waar Noag se Ark volgens die Bybel geland het, as beginpunt vir 'n asosiatiewe teaterstuk oor die mens en sy geloof.

Die akteurs is Albert Pretorius, David Johnson en Nicola Hanekom van die Universiteit van Kaapstad en Gaeten Schmid van Nederland.

Hulle praat Afrikaans, Engels en Nederlands in die stuk en daar is baie musiek.

Feesgangers sal op strooibale sit met 'n uitsig oor die Swartberge.

  • Ararat is een van die Absa KKNK se interessante produksies en werksessies wat in en om Oudtshoorn aangebied word om die Klein Karoo-landskap as verhoog en agtergronddoek te gebruik. Dit sal daagliks te sien wees vanaf 18:30 en duur sowat 90 minute.
| Meer