Tekstlogo: De appel speelt
 
 
 

 


nog xx dagen voor de
première van Herakles

Herakles
Beperkt aantal plaatsen beschikbaar voor première + 4 extra voorstellingen in juni!
Lees verder...
Interviews met Aus Greidanus sr., Guus van Geffen, Fred van der Schilde, Bob Schwarze en Hugo Maerten (audio)
Aus sr. introduceerde het concept bij De Appel en stond aan de wieg van Tantalus, Odysseus en Herakles. Guus van Geffen ontwierp alle decors, Fred van der Schilde is telkens productieleider, Hugo Maerten speelt voor de derde keer mee en Bob Schwarze is Herakles. Lees en luister over het wat, waarom en hoe van theatermarathons in De Appel. En Herakles in het bijzonder
Lees verder...
Deianeira, deel 9 van de marathon
De vergissing van Deianeira, het einde van (de sterfelijke) Herakles...
Lees verder...
De Herakles cadeaukaart
Koop een mooi vormgegeven cadeaukaart bij de kassa van het Appeltheater. Er zijn cadeaukaarten van € 10,-, € 25,- en € 50,-
Lees verder...
Beleidsplan 2013-2016
Met een terugblik en evaluatie van 2009 - tot op heden en plannen en activiteiten voor de periode 2013-2016
Lees verder...
Gemeente Den Haag helpt De Appel duurzaam te zijn
De Appel vermindert CO2 uitstoot spectaculair
Lees verder...
De Appel krijgt OIKOS Publieksprijs!
Aus Greidanus sr. heeft 17 juni de OIKOS Publieksprijs in ontvangst genomen
Lees verder...

Ararat

Beeld: Noag se diere gaan losloop op KKNK

affiche Ararat, ontwerp Aus Greidanus 

door Kobus Burger

’n Eiland met baie diere. Dit was die Belgies gebore Nederlandse teaterregisseur David Geysen se eerste gedagte toe Brett Pyper van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) met hom gesels het oor ’n opelug-produksie in Oudtshoorn.
Geysen se jongste stuk, Ararat, debuteer vroeg in April tydens die KKNK met ’n rolverdeling bestaande uit Suid-Afrikaanse akteurs. Ná die Suid-Afrikaanse première reis die stuk na die internasionale Oerol-fees op die eiland Terschelling in die Noordsee van Nederland.
Die eiland met diere het Geysen gou by Noag se ark gebring en dit is die wegspringplek vir sy produksie wat teen sononder in ’n volstruiskamp buite Oudtshoorn sal plaasvind.
“Tydens die vertoning gaan dit begin donker word,” vertel Geysen per e-pos uit Nederland. “En die ligte in die township sal aangaan en die sterre sal opkom. Dit is die heel mooiste stel waarvoor jy kan wens.”
Geysen vertel dat hy ook geïnspireer is deur iemand wat tans deur Nederland reis met ’n egte ark. Die Nederlandse kreasionis Johan Huibers het in die dorp Schagen ’n ark van drie verdiepings hoog gebou. Die ark is glo die helfte so lank as Noag s’n en volgens die BBC News ’n teken van Huibers se “letterlike geloof in die Bybel”.
Boonop is dit vanjaar die viering van Charles Darwin se geboorte 200 jaar gelede. “In Nederland is daar heelwat bespreking tussen die mense wat in die Skepping glo en die mense wat in die evolusie glo.
“So ek wou ’n tema hê wat mense laat dink. Ek wil nie ’n boodskap verkoop nie.”
Die spelers is die jong akteur Albert Pretorius, saam met wie Geysen verlede jaar gewerk het aan Mike van Graan se Insomnia as deel van die '08-fees ; asook Nicola Hanekom, Gaetan Schmidt en David Johnson. Geysen het Johnson verlede jaar in Den Haag gesien tydens die opvoering van Yellowman in die De Appel-teater, waar hy ’n regisseur is.
“Ek hou regtig daarvan om saam met interessante mense te werk, nie net goeie akteurs nie. Ons skep saam ’n spesifieke wêreld. So die akteurs doen baie meer as net toneelspel. Hulle moet ’n wêreld kan skep.
“Die eerste vraag op die heel eerste dag van ons repetisies sal wees: waarin glo jy? Almal soek na iets om aan vas te hou; iets wat hul lewens betekenis sal gee. Dit is wat ek met Ararat wil bevraagteken.
“Ek glo persoonlik in die skoonheid van die verbeelding. Dit is wat ek graag met Ararat sal wil vertel, nié die verhaal van Noag nie. Dat elke mens iets soek om aan vas te hou.”
Geysen sê hy voed nie mense met ’n vooraf verpakte antwoord of boodskap nie. “Dit maak hulle net dommer. Dit is nie my taak om mense te vermaak nie. Die televisie doen dit. Ek reageer eerder op die samelewing met die skoonheid van die teater. En soms is dit uitdagend vir mense.”

Die KKNK word vanjaar van 4 tot 11 April in Oudtshoorn gehou. Kaartjies vir Ararat kan deur Compu-ticket bespreek word. Die KKNK-feesgids word saam met die Herfs-uitgawe van die Bravo!-tydskrif versprei.

| Meer