Tekstlogo: De appel speelt
 
 
 

 


nog xx dagen voor de
première van Herakles

Herakles genomineerd voor Toneel Publieksprijs!

Lees verder...
De Appel blij met positief advies

Lees verder...
Herakles: 4 sterren in NRC Handelsblad en 4 in de Volkskrant!
Ook o.a. Trouw, Den Haag Centraal en De Telegraaf en de publieksreacties laaiend enthousiast
Lees verder...
De Appel wint Den Haag Marketing Promotieprijs!

Lees verder...
De foto's van Herakles
De foto's uit de voorstelling, gemaakt door Leo van Velzen !
Lees verder...
Wethouder Marjolein de Jong opent vernieuwde Appelfoyer
Na de ingrijpende verbouwing werd de vernieuwde Appelfoyer op 17 februari 2012 door wethouder Marjolein de Jong en artistiek leider Aus Greidanus sr. officieel voor geopend verklaard.
Lees verder...
Interviews met Aus Greidanus sr., Aus Greidanus jr., Guus van Geffen, Fred van de Schilde, Bob Schwarze en Hugo Maerten
Aus sr. regisseerde alle marathons, Guus van Geffen ontwierp de decors, Fred van de Schilde deed productieleiding, Hugo Maerten speelde in allemaal, voor Aus jr. is het de eerste en Bob Schwarze speelt Herakles.
Lees verder...
De Herakles cadeaukaart
Koop een mooi vormgegeven cadeaukaart bij de kassa van het Appeltheater. Er zijn cadeaukaarten van € 10,-, € 25,- en € 50,-
Lees verder...
Beleidsplan 2013-2016
Met een terugblik en evaluatie van 2009 - tot op heden en plannen en activiteiten voor de periode 2013-2016
Lees verder...
Gemeente Den Haag helpt De Appel duurzaam te zijn
De Appel vermindert CO2 uitstoot spectaculair
Lees verder...
De Appel krijgt OIKOS Publieksprijs!
Aus Greidanus sr. heeft 17 juni de OIKOS Publieksprijs in ontvangst genomen
Lees verder...
08 Festival

Fees venster op SA samelewing

Jul 07 2008 03:59:33:720PM - (SA)
door Johan Myburg

Grahamstad. - Die 34ste Nasionale Kunstefees is iets van die verlede. Dié fees wat in die middel-70's ontstaan het as 'n fees om die nalatenskap van Shakespeare te vier - met die bevordering van Engels as 'n oogmerk - het in drie dekades die aanvanklike bakens met vernuf verskuif.

In die vroeë en middel-80's het die fees uiting gegee aan protes wat op ander verhoë nie geduld is nie. Dit was die jare van Aluta Continua en ander slagspreuke wat vervat is in verhoogstukke. Dit was die jare toe jy die teater verlaat het met gebalde vuis as teken van solidariteit.

Dié fees was nog altyd die hutspot van idees en op 'n sekere manier 'n barometer van die kunste in die land.

As 'n mens dan ná die 34ste fees vra hoe die barometer lees, kom 'n paar gedagtes by jou op.

Naïef sou dit wees om te wil hoop dat ons verby skeidings van ras, klas en geslag beweeg het. Ons het nie. Maar talle produksies op die fees het daarin geslaag om die hoop brandend te hou, en om gestalte te gee aan Suid-Afrika as 'n verbeelde gemeenskap, aan die buitelyne van die droom.

Een so 'n stuk is K. Sello Duiker se The Quiet Violence of Dreams. Hoewel vooroordeel met betrekking tot ras en seksuele oriëntasie, sosiaal-geografiese versnippering en geweld die onderbou van die stuk is, het die regisseur en akteurs daarin geslaag om talle taboes te ontmitologiseer.

Eweso was dit 'n gewaarwording in 'n uitvoering van die Kaapse komponis Alan Stephenson se Derde Strykkwartet gevolg deur Hans Huyssen se The Songs of Madosini. Twee uiteenlopende werke, maar briljant saamgesnoer deur die Amici-strykkwartet, die klarinetspeler Matthew Reid en Madosini Latozi Mpahleni. Wat spreek uit die uitvoering is die tonge en tale waarmee mense dieselfde soort goed verwoord.

Maar die nagmerrie-kwaliteite van die droom het ook gestalte gekry, onder meer in Mike van Graan se Odysseus in Holland wat verlede maand op die Den Haagse teaterfees gesien is en hier deur die einste De Appel aangebied is as Insomnia. Dié eksperimentele stuk het lang post-koloniale skadu's gegooi as 'n skugter bevraagtekening van die reënboognasie, van globalisering en xenofobiese onderrokke.

Dat alles in die samelewing nie pluis is nie, het in Jaco Bouwer se # Untitled ongemaklik op die krop van die maag kom lê - daar waar dit nie so maklik is om gevoelens onder woorde te bring nie. Dié werk lui dalk iets in van die post-oorgangsperiode in die jong Suid-Afrikaanse demokratiese bestel. Die euforie van die nuwe Suid-Afrika en die besinging daarvan het plek gemaak vir 'n kritiese blik waarin vrees, wetteloosheid en geweld die venster geword het waardeur die samelewing betrag word.

Aan die visuele kunste-front het kurator Brenton Maart se Production Marks - Geometry, Psychology and the Electronic Age profeties aanduiding gegee van die rol van die kunste in 'n tyd wanneer onstabiliteit ter sprake kom. Dis juis dan wanneer daar groter ruimte kom vir kreatiewe konstruksie: ineenstorting word die boublokke vir nuwe maniere van uitdrukking.

Só het die Grahamstad-fees dit nog altyd aangedui. En so weer vanjaar.


| Meer